














RUK EN RYM 2025 was weereens ’n kompetisie en ontdekkingsreis vir die boeke. Die keurpaneel, bestaande uit Jaco van der Merwe, Jerome Rex, Hunter Kennedy, Lundi Khoisan and Albert “Vuurwolf” van der Merwe het 20 semifinaliste van regoor die land uit ’n rekordgetal inskrywings van meer as 90 gekies.
[kan ons weer ‘n grid image hê van die 20 semifinaliste?]
Twee epiese semifinale rondes – een by die Daisy Jones Bar in Stellenbosch en een by Sognage in Randburg – was ’n dawerende tentoonstelling van die vars talent wat in 2025 vir RUK EN RYM ingeskryf het.
Die toptienfinaliste het uiteindelik tydens die RUK EN RYM-finaal by Daisy Jones om die eerste plek meegeding. Jack Parow was by die finaal die gasbeoordelaar en -kunstenaar.
[POSTERS]
[POSTERS]
Kyle Kemink en Octavia Roodt het die plakkate ontwerp.
In 2025 was Paul Riekert, Sossi en Jaco van der Merwe die beoordelaars by die lewendige optredes, met Johan Auriacombe en Hunter Kennedy wat hulle onderskeidelik tydens die Sognage- en Daisy Jones- semifinale rondes by die paneel aangesluit het. Jolyn Phillips en Jack Parow was die gasbeoordelaars tydens die Groot Finaal.
Die Groot Finaal is gekenmerk deur hoë gehalte en nog groter verskeidenheid.
Andréa Müller van Klyntji.com skryf oor dié geleentheid: “Die line-up was selfs nog varser en meer divers as vorige jare s’n: rapkunstenaars met verskillende aanslae tot die genre, ’n riot grrrl-esque punkrockgroep, akoestiese sanger-liedjieskrywers, indie-rockers, ’n Limp Bizkit-agtige groep wat almal op hulle voete gehad het om te mosh, ’n prekende rymkletser wat wyshede gespoeg het, en ’n wille groep wat ons met hulle klanke en lirieke op ’n psych-rock trip geneem het.” Kry Andréa se volle indrukke hier: https://klyntji.com/joernaal/2025/12/14/ruk-en-rym
2025 se wenners:

Rock aan!

Voel die bas!

Rym en rebellie.

Skree vir die skare!

Klankbaan van ons jeug.

Ruk die mik!

Woorde is wapens.

Snare en stories.

Mosh nou, huil later.

Beats en bars.

Vonk in my verse.

Drop daai beat.

My flow, my vuur.

Swaar lirieke, lig bene.

Bars gebou op pyn.

Van die straat tot die verhoog.

Geen terughou nie.

Loud en trots.

Die verhoog is my kerk.

Een kans. Een skoot.

Klap dit!

My stem, my wapen.

Skree soos jy voel.

Hartklop = Hi-hat.

Van drome tot decibels.

Geen genre, net gevoel.

Bloed, sweet en snare.

Dis nie net musiek nie, dis mens wees.

Die beat hou aan klop.

Verloor jouself in die klank.

Ons is die chaos agter die stilte.

Draai die volume op!

Onverskrokke op die verhoog.

Verse met venyn.

Kuns in klank.

Snare soos stories.

Rap is my respek.

Alternatief, altyd.

Van garage tot glorie.

Die bas praat harder as woorde.

Onthou hierdie oomblik.

Die nag het net begin.

Een band. Een droom.