













Inskrywings sluit om middernag op 31 Julie 2026.
Klik hier vir die reëls.Taalgenoot–RUK EN RYM is oop vir enige klankskeppende kunstenaars wat alternatiewe musiek met Afrikaanse lirieke maak. Wat beteken “alternatief”? Dit beteken enigiets wat afwyk van die hoofstroom – kunstenaars wat innoveer en wat die strewe na vars klanke en ritmes hoër ag as om neigings of formules te volg. Sanger-liedjieskrywers,bands, groepe, kletsrymers, elektroniese musikante en enigiemand wat oorspronklike musiek maak en meestal Afrikaans in die lirieke gebruik, mag inskryf. Daar is geen inskrywingsfooi nie. As jy dink jy het ’n talent, ’n liedjie of ’n oorspronklike idee wat gehoor moet word, skryf in!

Taalgenoot-RUK EN RYM is vir die eerste keer in 2023 gehou en het 'n groep opwindende musikante van regoor die land byeengebring – kunstenaars wat vars klanke in 'n wye verskeidenheid musiekgenres skep – en 'n unieke gemeenskap van aweregse kreatiewe mense is gevorm.
Taalgenoot-RUK EN RYM is vir die eerste keer in 2023 gehou, en die eerste drie kompetisies het ’n groep opwindende musikante van regoor die land byeengebring – kunstenaars wat vars klanke in ’n wye verskeidenheid musiekgenres skep – en ’n unieke gemeenskap van aweregse kreatiewe mense is gevorm. Só word RUK EN RYM se twee hoofdoelwitte – om nuwe kunstenaars te ontdek, en om ’n gemeenskap vir alternatiewes te vorm – elke jaar bereik, en ons is trots daarop dat hierdie gemeenskap aanhou groei en floreer.
RUK EN RYM 2026 beloof om groter en beter te wees, en om aan musikante ’n platform en geleentheid te bied wat nêrens anders beskikbaar is nie. Die semifinale rondes word later vanjaar by Railways Café in Gauteng en die Daisy Jones Bar in Stellenbosch gehou. Die Groot Finaal vind ook by Daisy Jones plaas as deel van Woordfees 2026. Pryse sluit ateljeetyd, musiekvideo’s en optredes in.
(Agter 'n betaalmuur)