
RUK EN RYM was die geesteskind van die ontslape Taalgenoot-redakteur, Johan Jack Smith. Johan, self ook alternatiewe musikant, was die voorbok van die groep Volkspeler. Sy liefde vir die aweregse het aanleiding gegee tot hierdie projek, wat die nalatenskap van projekte soos Rockspaaider en feeste soos Oppikoppi voortsit.
Ter viering van Johan se nalatenskap ontvang die wenkunstenaar/-groep die Johan Jack Smith-trofee, oftewel Draadman.
Luister hieronder hoe Johan en Jaco van der Merwe, kreatiewe regisseur van Taalgenoot-RUK EN RYM, oor die kompetisie gesels.


Die Johan Jack Smith-trofee is vir die eerste keer in 2025 oorhandig aan RUK EN RYM se wenner, Magé.
Inskrywings sluit om middernag op 31 Julie 2026.
Klik hier vir die reëls.