(Hulle luister deur al die inskrywings en bepaal die semifinaliste.)
Fokofpolisiekar / Die Heuwels Fantasties
Hunter Kennedy het meer as twee dekades gelede begin om Afrikaanse lirieke te skryf vir Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties. Hy weet steeds nie presies of hy ’n musikant wat skryf, of ’n skrywer wat musiek maak is nie. Hy is steeds besig om uit te vind wat hy eintlik wil sê, nou net met minder hare, meer opinies, en genoeg eksistensiële angs om op ’n keurpaneel te dien.
Universal Music South Africa / Oppikoppi
Wendy is ’n uitvoerende beampte in die musiekbedryf met 18 jaar se ondervinding. Sy het tot hoof van bemarking by Universal Music South Africa gevorder voordat sy innovasie oor Afrika se musiek-, tegnologie- en feeslandskap gedryf het, insluitend by Oppikoppi. Sy fokus nou op die groei van onafhanklike kunstenaars en die uitbreiding van markte wêreldwyd deur middel van kunstenaar-eerste-strategieë en digitale innovasie.
Kunstenaar / Skepper
Jerome Rex is ’n rapper, emcee, sanger en liefhebber van alles Afrikaans en alternatief. Hy is ’n skepper met ’n magdom koppeltekens in sy posbeskrywing.
Bittereinder
Jaco maak al 27 jaar lank oorspronklike alternatiewe musiek – 14 van daardie jare was saam met Bittereinder. Sy musiekpad het begin met battles of the bands in die laat-90’s, en as kreatiewe regisseur van Taalgenoot-RUK EN RYM vind hy diep werkstevredenheid in die ontdekking van nuwe alternatiewe kunstenaars, en ook in die gemeenskap wat rondom die projek vorm.
Voice of Wits / Fiesta
Lundi Khoisan het 17 jaar se ervaring in radio, is ’n TV-aanbieder op kykNET se Fiësta, programbestuurder by VOW 88.1 (Voice of Wits), seremoniemeester, stemkunstenaar, SAMA-beoordelaar en dien as mentor by Radio 101.
(Beoordeel die kunstenaars tydens die lewendige optredes.)
Sossi
Sossi is ’n elektroniese kunstenaar wat ook op die alternatiewe Afrikaanse scene woel. “Daar’s niks lekkerder as om nuwe kuns en musiek te ontdek nie, dis wat die lewe mooi maak. Daarom is Taalgenoot-RUK EN RYM elke jaar vir my ’n hoogtepunt.”
Bittereinder
Jaco maak al vanaf 1998 oorspronklike alternatiewe musiek, en het tot dusver in 12 verskillende bands en musikale projekte geskryf en opgetree, insluitend Bittereinder, Half-Sister, Waltjie Talkie, SLT en Die Begin. Sy musiekpad het begin met battles of the bands in die laat-90’s, en as kreatiewe regisseur van Taalgenoot-RUK EN RYM vind hy diep werkstevredenheid in die ontdekking van nuwe alternatiewe kunstenaars, en ook in die gemeenskap wat rondom die projek vorm.
Battery 9
As een van die mees eksperimentele stemme op die alternatiewemusiektoneel is Paul Riekert bekend as die voorbok van die industriële musiekgroep Battery 9. Paul was ook al betrokke by die groepe Die Menere, Breinskade en General Dealer, doen produksiewerk vir ander kunstenaars en het al tot die klankbane van verskeie Afrikaanse TV-produksies bygedra.
Skrywer / Dosent
Janke Mostert is ’n skrywer, joernalis en taalonderwyser. Haar skryfwerk en perspektief op nuwe Afrikaanse kuns en kultuur bring ’n skerp, vars blik na die beoordelaarspan.
Daar is elke jaar 'n gasbeoordelaar by albei semifinale en die Groot Finaal. Jack Parow, Karen Zoid, Jolyn Phillips, Johan Auriacombe, Hunter Kennedy, Henco Harmse, Henk van der Schyf en Zaan Sonnekus het al as gasbeoordelaars van RUK EN RYM opgetree. 2026 se gasbeoordelaars word binnekort aangekondig.
Inskrywings sluit om middernag op 31 Julie 2026.
Klik hier vir die reëls.